Probleme van taxi-eienaars in NK aangespreek
Loading player...
Probleme wat taxi-eienaars in die Noord-Kaap in die gesig staar, soos 'n gebrek aan basiese dienste by taxistaanplekke in die provinsie, is die afgelope naweek tydens ‘n indaba in Kimberley aangespreek.
Ongelukkigheid het verlede jaar tot protesoptrede deur taxi-eienaars gelei en die LUR vir Veiligheid en Vervoer in die provinsie, Martha Bartlett, moes noodgedwone ingryp.
Sy het in Junie verlede jaar ‘n moratorium op die uitreik van nuwe taxi-lisensies in die provinsie geplaas. Dit het gelei tot ‘n agterstand van meer as 1 000 aansoeke.
Barlett sê munisipaliteite het tydens die indaba die versekering gegee dat hulle sal help om die probleme van taxi-eienaars aan te spreek.