UV Laboratorium kry gesogte kontrak

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Beheerlaboratorium (NBL) vir Biologiese Produkte, wat by die Universiteit van die Vrystaat gesetel is, het ‘n drie jaar kontrak van die nasionale regering ter waarde van R53.5 miljoen losgeslaan.

Die laboratorium, die enigste van sy soort in Afrika, is verantwoordelik vir die toetsing van entstowwe voordat hulle op die Suid-Afrikaanse mark geregistreer kan word. Geen entstof mag in Suid-Afrika gebruik word sonder 'n vrystellingsertifikaat, uitgereik deur die Beheerlaboratorium, wat sertifiseer dat die entstof geskik is vir menslike gebruik nie.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) beraam dat sowat 5.2 miljoen kinders onder die ouderdom van ses jaarliks in die wêreld sterf. Van hierdie sterftes, kan 29% deur entstof voorkom word.

Dr Derek Litthauer sê hierdie kontrak – van die nasionale gesondheidsdepartement - is baie goeie nuus.
5 Feb 2016 9AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min