Minder geld vir VS-wetgewersittings

Loading player...
Die Vrystaatse wetgewer moes die aantal sittings van die huis drasties verminder ingevolge die kostebesparings wat deur die provinsiale tesourie afgedwing word. Die LUR vir Finansies, Elzabe Rockman het aan die begin van die 2014/15 boekjaar streng kostebesparings ingestel weens die provinsiale regering se ernstige geldelike probleme. Een van die duurste gebeurtenisse op die Vrystaatse Wetgewer se jaarlikse kalender is die amptelike opening van die wetgewer, waartydens Premier Ace Magashule sy openingsrede lewer. Dit vind volgende week Woensdag by die Vista kampus van die Universiteit van die Vrystaat plaasvind. Speaker van die wetgewer, Mamaki Qabathe, sê die begroting vir die amptelike opening en die daaropvolgende begrotingsredes gaan drasties gesny moet word. Sy sê die advertensies vir die sittings, spyseniering en tolkdienste is van die grootste onkostes.
5 Feb 2016 6AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min