Bejaarde vrou erg aangerand by Bloemfonteinse aftreeoord

Loading player...
‘n Bejaarde vrou van Bloemfontein is vanoggend na ‘n plaaslike hospitaal gehaas nadat sy vermoedelik in die vroeë oggendure in haar wooneenheid in die Westerbloem-aftreeoord aangeval is. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, se ‘n inwoner wat langs die 86-jarige slagoffer bly, het omstreeks 07:00 onraad vermoed. Die slagoffer se agterdeur is oopgebreek. Marope sê nadat die slagoffer nie haar telefoon geantwoord het nie, het die besorgde inwoner die slagoffer se dogter gebel. Die dogter het daarna haar bewustelose ma op die grond gevind. Marope sê dit wil voorkom of die bejaarde vrou met ‘n stomp voorwerp aangerand is. Hy sê dit is nog nie duidelik wat vermis word of hoeveel booswigte betrokke was nie.

Marope sê toegang is wel tot die slagoffer se kluis verkry, maar dit is nog onbekend wat vermis word omdat die booswigte die huis baie omgekrap het.
28 Jan 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min