Niemand vas ná brandstigting by ‘n laerskool op Winburg

Loading player...
Die polisie op Winburg in die Vrystaat ondersoek ‘n klag van brandstigting nadat twee kantore by die Laerskool Tlong Khanyeng in Makeleketla in Winburg verlede week in ‘n brand verwoes is. Polisiewoordvoerder, Malebo Khosana, sê die omvang van die skade beloop meer as R90 000. Die meeste meubels en ander inhoud in dié kantore het gebrand. Khosana sê ‘n skoonmaker, wat werksaam is by die skool, het verlede Donderdag omstreeks 06:00 vir werk by die skool opgedaag. Hy het gesien dat ‘n staal-toegangshek gebuig is sodat iemand toegang tot die skoolterrein kon verkry. Volgens Khosana is die skoolhoof en die adjunkhoof se kantore, wat langs mekaar geleë is, se vensters gebreek.

Khosana sê nog niemand is in hegtenis geneem nie. Die polisie weet ook nie hoeveel booswigte betrokke was of wat die motief is nie. Niemand is beseer nie. Khosana vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.
25 Jan 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min