Graan SA sê boere moet vasbyt

Loading player...
Bloemfontein - Graan SA het ‘n boodskap van hoop uitgestuur aan moedelose boere wat swaar gebuk gaan onder droogtetoestande.

Voorsitter, Louw Steytler, glo dit is vir talle boere in die sentrale deel van die land te laat om mielies aan te plant tensy milde reën nie gou voorkom nie. Volgens Steytler is dit ‘n werklikhied dat dit te laat is vir mielievariëteite om vinnig te groei en volwassenheid te bereik voor die eerste ryp.

Hy meen dié bedryf het al voorheen voor verskeie uitdagings te staan gekom en oorleef. Steytler is oortuig daarvan dat boere weer bo gaan uitkom. Daar is alternatiewe planne wat gemaak kan word.

Steytler was gister onder belanghebbendes wat in Bloemfontein byeen was om planne te beraam in die krisistyd. ‘n Droogtetaakspan, wat onder meer afgevaardigdes van die Departement van Landbou, Agri SA, Agbiz en die Nywerheisontwikkelingskorporasie insluit, beoog om spoedig ‘n volledige voorlegging aan die regering te doen sodat geld vir droogtehulp in die begrotingsrede beskikbaar gestel kan word.

Christal-Lize Muller/OFM-nuus
8 Jan 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes