
Het ministeries onderbestee, of het hulle nie geld gekry: kenner
Loading player...
Openbare beleidskenner Marius Kudumo sê strukturele gebreke in die begrotingstelsel, eerder as bloot administratiewe mislukkings, kan moontlik verklaar waarom 1,2 miljard Namibiese dollar aan die Tesourie terugbetaal is. In ’n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus het Kudumo gevra of die fondse ooit aan ministeries beskikbaar gestel is, gegewe die bestaande begrotings- en konsolideringsreëls. Hy doen ’n beroep op die Tesourie om duidelikheid te gee oor of die geld teruggehou is en of instellings bloot nie daarin kon slaag om dit te bestee nie.

