High Octane Festival en Drifting Mania lok motorsportliefhebbers na Tony Rust

Loading player...
13:30 – Sport
Vrydag en Saterdag was dit weer tyd vir die jaarlikse Monster Energy High Octane Festival en Drifting Mania by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek. Hoewel daar dalk minder toeskouers en deelnemers as in 2025 was, het almal wat deur die hekke gekom het, dit geniet. Weens die hoë dagtemperature het die sleep-resies of drifting eers later begin. Toeskouers het egter geduldig onder gazebo’s en in elke beskikbare skaduplekkie gewag om die aksie te geniet.
26 Oct 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nuwe N$85 miljoen-hotel bring werksgeleenthede na Swakopmund

’n Nuwe vyfster-boetiekhotel, The Bohlen, sal na verwagting werksgeleenthede in Swakopmund ’n hupstoot gee, met byna 200 tydelike konstruksieposte en ongeveer 50 permanente poste. Die plaaslike toerismemaatskappy ultimate.earth belê 85 miljoen Namibiese dollar in die hotel. Konstruksiewerk is reeds aan die gang en die hotel sal na verwagting in die…
28 Oct 6AM 1 min

N$5 miljoen vir sanitêredoek-inisiatief om menstruele armoede te bekamp

Die Minister van Geslagsgelykheid en Kinderwelsyn, dr. Emma Kantema, sê die 5 miljoen Namibiese dollar wat aan die Nasionale Sanitêredoek-inisiatief tydens die hersiene mediumtermyn-begroting vir 2026/27 toegeken is is, sal help om menstruele armoede onder kwesbare leerders te bekamp. Sy het aan die Nasionale Vergadering gesê die befondsing volg op…
28 Oct 5AM 1 min

Bek-en-klouseer in Namibie raak streek se veepryse

Die bek-en-klouseer-uitbreking in Namibië raak ook die Suid-Afrikaanse lewendehawebedryf, waar die onderbreking van grenshandel die aanbod van diere beperk. Dr. Frikkie Maree, uitvoerende beampte van Suid-Afrika se Rooivleisprodusente-organisasie, sê die ontwrigting kan sommige produsente aanvanklik bevoordeel deur pryse op te stoot, maar waarsku dat dit nie noodwendig volhoubaar is nie…
28 Oct 6AM 1 min

BKS in Karasburg beperk tot 18 plase, 7 400 beeste ingeënt

Die woordvoerder van die Ministerie van Landbou, Romeo Muyunda, het bevestig dat die bek-en-klouseer-uitbreking in die Kharas-streek steeds tot die Karasburg-distrik beperk is, met die aantal positiewe gevalle stabiel op 131 op 18 plase. Massa-inenting is aan die gang suid van die B3-pad, met 19 spanne wat tot dusver meer…
28 Oct 6AM 1 min