Rugby: Die Haaie-stut Thomas du Toit sê die span is vol vertroue voor Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-kragmeting met Munster in Limerick, Ierland. Die Durbanse span het sokkies opgetrek na hul nederlaag van 39-22 teen die Stormers en oorwinnings behaal oor Lyon in die Uitdaagbeker en Cardiff in die VRK. Die…
Die IPC eis die volle implementering van Artikel 14 van die Wet op Basiese Onderwys, wat voorsiening maak vir die integrasie van vroeë-kinderontwikkeling in die onderwysstelsel. Die IPC se skadu-onderwysminister, Bertha Nghifikwa, het vanmiddag in die parlement aangedring op beleide en hulpbronne om jong kinders te ondersteun. Dit kom terwyl…
Waarnemende regter Marelize du Plessis is nie meer by die Fishrot-saak betrokke nie. Die saak sal voortaan deur regters bestuur word wat deur die Regter-president aangestel is, totdat dit gereed is vir verhoor. Regter Eileen Rakow het in Oktober verrigtinge behartig en sal na verwagting op 11 November ’n tussentydse…
Die konstruksiebedryf is versigtig optimisties dat die langverwagte Wetsontwerp op Konstruksiebedrywe uiteindelik aan die Kabinet se wetgewingskomitee voorgelê sal word. Bärbel Kirchner, uitvoerende hoof van die Konstruksie industrie-federasie van Namibië, verwelkom die vordering, maar sê dekades se beloftes moet nou in dade omgesit word. Sy sê die wetsontwerp moet aan…
Unicef het afskeid geneem van die Namibiese landsverteenwoordiger, Samuel Ocran, ná ’n ampstermyn van drie jaar waarin hy op die bevordering van kinderregte, gesondheid en onderwys gefokus het. Ocran, wat deur vennote vir sy voorspraak geprys is, het vertroue uitgespreek in voortgesette sterk samewerking tussen Unicef en die regering. Hy…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.