
Fishrot-saak weer sonder toegewyde regter
Loading player...
Waarnemende regter Marelize du Plessis is nie meer by die Fishrot-saak betrokke nie. Die saak sal voortaan deur regters bestuur word wat deur die Regter-president aangestel is, totdat dit gereed is vir verhoor. Regter Eileen Rakow het in Oktober verrigtinge behartig en sal na verwagting op 11 November ’n tussentydse aansoek deur die beskuldigde Ricardo Gustavo aanhoor. Kosmos 94.1 Nuus het met Vikitoria Hango, woordvoerder van die regbank, gesels vir meer besonderhede:

