Visverbruik en sakegeleenthede kry hupstoot in Erongo

Loading player...
Erongo-goewerneur Nathalia /Goagoses se Visverbruik-bevorderingsprojek van 2,6 miljoen Namibiese dollar is in Swakopmund van stapel gestuur om die plaaslike gebruik en eet van vis te bevorder en sakegeleenthede in die streek se sewe kiesafdelings te skep. Sy sê dat mariene hulpbronne aan landsburgers behoort en dat vis die kusgemeenskappe deur werkverskaffing moet bevoordeel, eerder as om net uitgevoer te word.
14 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Laerhowe, landdroste staar reuse uitdagings in die gesig

Direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, waarsku dat die laerhowe onder ernstige hulpbron- en personeeltekorte wankel, wat kritieke grondvlak geregtelike kwessies negatief raak. Hancox sê dat landdroste en aanklaers onveilige langafstandreise en ernstige operasionele tekorte in die gesig staar, insluitend 'n gebrek aan basiese opnametoerusting. Sy het aan Kosmos 94.1…
15 Sep 12AM 1 min

Akkerbouers moet kop hou met diesel, El Niño

Landboukundige Kobus Laubscher sê gewasprodusente moet waak teen paniek-kostebesnoeiings na skerp dieselprysverhogings voor die somerplantseisoen. Hy sê impulsiewe besnoeiings bedreig gewasopbrengste en op die ou end streek-voedselsekuriteit. Met onvoorspelbare El Niño-weer wat koste sal verhoog, sê hy dat boere hul beplanning moet aanpas. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Sep 12AM 1 min

Forum eis Majodina se bedanking na kru taal, beledigings

Die Citizens and Activists Forum eis die afdanking van die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, en die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, ná beweerde onbehoorlike gedrag tydens inwoners-vergaderings. Woordvoerder Dennis Bloem sê Morero het glo 'n inwoner van Soweto beledig en Majodina het na bewering op 'n gestremde…
14 Sep 11PM 1 min

Trump sê KI nie so gevaarlik nie

President Donald Trump van Amerika verwerp toenemende kommer oor kunsmatige intelligensie en sê dit gaan meer goed doen as kwaad. 'n Leier in die K-I-wedloop, Anthropic se uitvoerende hoof, Dario Amodei, waarsku dit ontwikkel so vinnig dat dit beter kan raak as die mens se vermoë om dit te bestuur…
14 Sep 11AM 1 min