
Nasionale Jeugdiens 'is vir almal, verpligte nasionale diens moontlik'
Loading player...
Die regering ondersoek die moontlikheid om verpligte nasionale diens vir jong Namibiërs, veral diegene wat die skool verlaat, in te stel. Onderwyminister Sanet Steenkamp het dit tydens die inhuldiging van die Nasionale Jeugdiens se nuwe raad gesê. Sy wys daarop dat die jeugdiens vir alle jongmense toeganklik moet wees.

