Namibiese span vertrek vir 48ste WorldSkills in China

Loading player...
’n Span van 17 jong deelnemers, wat in 16 kategorieë vir beroeps- en tegniese vaardighede meeding, verteenwoordig Namibië by die 48ste WorldSkills-kompetisie in Sjanghai, China, van 22 tot 27 September. Tydens ’n afskeidsgeleentheid by die Staatshuis vanoggend het president Netumbo Nandi-Ndaitwah beklemtoon hoe belangrik dit vir Namibiërs is om hul vaardighede te verbeter ten einde nasionale ontwikkeling te bevorder.
14 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alle modelle van KI moet hersien word

Die herrie rakende kunsmatige intelligensie duur voort met president Donald Trump wat weier om te glo dat daar ‘n risiko is en sê die VSA is in ‘n wedloop met die wêreld om KI te beheer. Dit kom na Anthropic gewaarsku het oor beduidende risiko’s. Voormalige navorsers, soos Jacob Coxon,…
14 Sep 6AM 1 min

SA Christen-forum vra vir herstel van doodstraf

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra ʼn onmiddellike nasionale referendum om die Grondwet te hersien en te wysig om weer die doodstraf vir moordenaars in te stel. Dit volg na die moord op vier vroue in Rhodesfield, Kemptonpark, Ekurhuleni, oor die afgelope twee maande. Die forum se president, Marothi Mashashane,…
14 Sep 6AM 1 min

Houtkappery het weer begin, onvoldoende toesig

Die onwettige kap van bome het weer in Noord-Namibië posgevat, en daar heers toenemende kommer oor die afkap van bome op plase naby die Mururani-hek in Kavango Wes. Mark Paxton, eienaar van Shamvura Camp, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hierdie bedrywighede blykbaar reeds weke of selfs maande lank…
14 Sep 6AM 1 min

Groot kommer oor olie, reserwes en 'n moontlike resessie

Ekonome waarsku teen verdere stygings in wêreldoliepryse nadat Saoedi-Arabië sy kritieke Oos-Wes-ru-oliepyplyn tydelik gesluit het ná hommeltuigaanvalle in die gebiede van Riaad en Medina. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Roodt gepraat: Hy sê wêreldwye oliereserwes neem reeds af midde die voortdurende konflik tussen Iran en die VSA.
14 Sep 6AM 1 min

Trump blameer Oekraïne vir dieselprys

President Donald Trump van Amerika het sy Oekraïnse ampsgenoot, Volodymyr Zelensky, gevra om aanvalle op Russiese diesel-raffinaderye te staak en sê dit veroorsaak ʼn wêreldwye tekort. Kiëf val Moskou se olie- en gasbedryf met langafstand-wapens aan, wat gelei het tot rantsoenering en dat Moskou in Julie diesel-uitvoere verbied het. Rusland…
14 Sep 5AM 1 min