
Nuwe CoW-stelsel vir swaarvoetuie bekommer konstruksiebedryf
Loading player...
Die Konstruksie Industrie-federasie het kommer uitgespreek oor die finansiële en operasionele implikasies van die Stad Windhoek se nuut ingestelde stelsel vir toegang en permitte vir swaarvoertuie. Die stelsel het op 1 September in werking getree, terwyl kameragebaseerde handhawing en kitsboetes na verwagting op 1 Oktober sal begin. Voertuie met 'n bruto voertuigmassa van 9 ton of meer sal permitte benodig wanneer hulle buite die aangewese roetes vir swaarvoertuie ry. Die federasie se uitvoerende hoof, Bärbel Kirchner, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

