
Onwettige betreding in Parlement, man gearresteer
Loading player...
Die Parlement het bevestig dat 'n man in sy dertigs Vrydag in die vroeë oggendure die parlementêre terrein onwettig betree het. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die man is onmiddellik deur die parlementêre beskermingsdienste in hegtenis geneem. Volgens Mothapo is hy daarna aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorhandig en hy is steeds in aanhouding:

