Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika

Loading player...
Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné van den Berg, Malcolm Marx, Pieter-Steph du Toit, Kurt-Lee Arendse en Cameron Hanekom wat die doellyn oorgesteek het. Suid-Afrika het teen rustyd met 17-14 voorgeloop. Kaptein Siya Kolisi het ná die wedstryd kommentaar gelewer:
13 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min

Reënlafenis vandag, môre verwag

Reën word vandag en môre oor groot dele van veral die Suide en Ooste verwag danksy ‘n bolugstelsel wat inbeweeg, maar buie en donderweer word selfs so ver as Otjiwarongo verwag. Weerkenner George van der Merwe het die besonderhede:
13 Sep 12AM 1 min

Boere het meer ondersteuning nodig, sê Aucamp

Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê slegs grond is nie genoeg vir boere om te floreer nie. Hy sê boere het ook toegang tot befondsing, winsgewende bates, vee en gepaste ondersteuning nodig om volhoubare ondernemings te bou. Aucamp het deelgeneem aan 'n paneelbespreking tydens Nampo Kaap in Bredasdorp in…
12 Sep 6AM 1 min

Skole moet beter sanitêre geriewe vir meisies hê

Onvoldoende skoolsanitasie en duur higiëneprodukte dwing steeds skoolmeisies om by die huis te bly wanneer hulle menstrueer. Die voorsitter van die Studente-unie van Namibië, Bernard Kavau, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat gevaarlike puttoilette en hoë koste menstruele higiëne lae-inkomste leerders in gevaar stel. Kavau het 'n nasionale beleid…
12 Sep 5AM 1 min