
Boere het meer ondersteuning nodig, sê Aucamp
Loading player...
Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê slegs grond is nie genoeg vir boere om te floreer nie. Hy sê boere het ook toegang tot befondsing, winsgewende bates, vee en gepaste ondersteuning nodig om volhoubare ondernemings te bou. Aucamp het deelgeneem aan 'n paneelbespreking tydens Nampo Kaap in Bredasdorp in die Wes-Kaap. Die gesprek het gegaan oor ondermeer befondsingsmodelle, en toegang tot grond en boerderygeleenthede. Aucamp sê indien boere die nodige ondersteuning ontvang om sukses te behaal, groei die landbousektor en voedselsekerheid word versterk:

