
SA verwag rekordoeste
Loading player...
Na ‘n paar maer jare, lyk dit of Suid Afrika, nes Namibië, die jaar rekordoeste van veral mielies, graan, en sitrus-produkte sal aanteken - met baie van die produkte wat landuit gestuur sal word. Mielie-produsente kan die kwartaal tot soveel as 17,2 miljoen ton mielies uitvoer – ‘n toename van meer as 1,1 persent van vorige ramings. Landbou-ekonoom en hoof van Agribiz, Wandile Sihlobo, sê landbou-uitvoere in die tweede kwartaal van 2026 was reeds 10 persent hoër as in dieselfde periode verlede jaar:

