
Dink jouself gelukkig!
Loading player...
13 September is Dink-positief-dag – ’n goeie geleentheid om ’n bietjie stil te staan by die krag van ons denke. Ons kan nie altyd kies wat met ons gebeur nie, maar ons kan leer om anders te kyk na dit wat met ons gebeur. En dit is presies waaroor Pieter van Jaarsveld se boek Dink jouself gelukkig gaan: die idee dat geluk nie noodwendig iets is wat ons buite onsself moet gaan soek nie, maar dat ons ingesteldheid ’n enorme rol speel in hoe ons die lewe ervaar.

