
Tugoptrede aan die gang teen 173 SA tronkbewaarders
Loading player...
Die Departement van Korrektiewe Dienste se nasionale kommissaris, Makgothi Thobakgale, het bekend gemaak dat tugoptrede teen 173 tronkbewaarders aan die gang is. Sommige word aangekla dat hulle gevangenes gehelp het om smokkelware in die tronk in te bring. Dis deel van verskerpte landwye ingryping en onlangse intelligensie-gedrewe klopjagte by tronke. Thobakgale sê ná die ontsnapping by die Rooigrond Maksimum Korrektiewe Sentrum sal hulle voortgaan om diegene te vervolg wat die korrektiewe stelsel se integriteit probeer ondermyn.

