
Joaquin Niemann loop voor in Ierse Ope
Loading player...
Joaquin Niemann van Chili loop voor in die Ierse Ope in Doonberg na 'n openingsronde van vyf-onder 65 in nat en winderige omstandighede. Hy het 'n voorsprong van twee houe oor 'n groep van vyf spelers, insluitend Shane Lowry van Ierland en Shaun Norris van Suid-Afrika. Negentien spelers het nie hul eerste ronde voltooi nie, omdat die spel weens donkerte opgeskort is. Die verdedigende kampioen, Rory McIlroy, wat sy openingsronde met vier houe agter die voorloper voltooi het, sê hy is tevrede met waar hy op die telbord staan:

