
Sekondêre nywerhede moet teen 2030 25% van BBP bydra
Loading player...
Nasionale Beplanningskommissie direkteur-generaal Kaire Mbuende sê Namibië beoog om sekondêre nywerhede se bydrae tot 25 persent van BBP teen 2030 te verhoog. Mbuende was ‘n gasspreker by die 2026 Afrika Groen Nywerhede Beraad in Swakopmund en sê die inisiatief vorm deel van die regering se verbintenis om plaaslike vervaardiging uit te brei en die land se afhanklikheid van ru-materiaal uitvoere te verminder.

