
Baboon City: Stad Whk erken hom nie, weet niks van vergadering nie
Loading player...
Stad Windhoek weier om Baboon City, 'n groeiende informele nedersetting agter Rocky Crest en Pionierspark te erken, en hou vol dat die gebied skoongemaak en na sy oorspronklike toestand herstel moet word. Volgens stadswoordvoerder Lydia Amutenya is die grond deel van 'n stuk wat aan die China Railway Seventh Group Namibia verhuur word en dus is dit die maatskappy se verantwoordelikheid om die plakkers uit te sit. Rondom 800 mense woon reeds tien jaar lank daar. Intussen sê die inwoners hulle wil met die stad vergader maar Amutenya sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat geen formele versoek vir 'n vergadering ontvang is nie.

