
Namport skenk N$2,68m aan Oshikoto-streek vir boorgate
Loading player...
Die Oshikoto-streek se planne om boorgate in veral klein nedersettings te rehabiliteer en installeer is nou 2,68 miljoen Namibiese dollar sterker. Dit, na ‘n reuse skenking aan die streek deur Namport. Sy uitvoerende hoof, Andrew Kanime, sê in ‘n droë land soos Namibië vorm watersekerheid die fondasie van alledaagse lewe.

