
Ramaphosa veroordeel aantygings van stemkopery
Loading player...
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê bewerings van stemkopery by partykonferensies is onaanvaarbaar. Verlede maand het senior ANC-lid en nasionale uitvoerende komiteelid Nkosazana Dlamini Zuma die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, en Ramaphosa beskuldig dat hulle afgevaardigdes gekoop het om te verseker dat hulle die 2022-verkiesingskonferensie wen. Ramaphosa het gister tydens 'n stemwerwingsveldtog in Tembisa gesê terwyl hulle die ANC hernu, moet stemkopery uitgeroei word waar dit ook al voorkom:

