
Fokus verskuif van waterstof na alle skoon energie
Loading player...
Die Namibiese Groenwaterstofprogram het 'n strategiese verskuiwing in die land se skoon energie-agenda uitgelig na die afskop van die nuut herbenoemde Afrika-Groen Nywerheidsberaad in Swakopmund. Woordvoerder Jona Musheko verduidelik dat die byeenkoms, na twee jaar as die Groenwaterstofberaad, amptelik herdoop is om 'n breër fokus op groen industrialisering te weerspieël. Musheko sê dat die hersiene omvang verder as waterstof as 'n geïsoleerde kommoditeit beweeg, en alle groen energie as direkte drywer vir plaaslike mineraalwaardetoevoeging, mynboubedrywighede, vervoer en landbou posisioneer.

