
Franse regering 'moet weer kyk na feite oor trofeejag'
Loading player...
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, doen 'n beroep op die Franse regering om wetenskaplike feite te evalueer en plaaslike gemeenskappe te raadpleeg voordat verdere beperkings op die invoer van jagtrofeë ingestel word. Kristin Maritz sê dat hoewel fotografiese toerisme 'n belangrike rol in bewaring speel, dit nie genoeg inkomste in die mees afgeleë en droë streke kan genereer nie. Maritz sê dat besluite wat duisende kilometers ver geneem word, ernstige sosio-ekonomiese gevolge inhou vir landelike gemeenskappe wat langs wild leef. Sy sê aan Kosmos 94.1 Nuus gemeenskappe moet deel wees van besluite wat hulle lewens raak:

