
Organisasies moet ook maatskaplik belê
Loading player...
Die Namibian Civil Society Non-State Actors Network, of NamNet, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah se oproep vir verhoogde privaatsektorbelegging verwelkom. Die organisasie sê die eerste Korporatiewe Maatskaplike Belegging Mukopano-geleentheid was van kardinale belang omdat dit Namibië se ontwikkelingsbehoeftes op verskeie gebiede aangespreek het. NamNet uitvoerende lid Ben Schernick sê egter dat burgerlike samelewingsorganisasies deel moet vorm van hierdie tipe inisiatiewe om maksimum voordeel vir gemeenskappe te behaal.

