
Visserye ondersoek nog sardynvrektes
Loading player...
Owerhede ondersoek steeds die oorsaak van dood van duisende sardyne wat verlede week langs die sentrale kus uitgespoel het. Wetenskaplikes in Suid-Afrika ondersoek ook soortgelyke visvrektes en owerhede het reeds vasgestel dat 'n uitbreking van sardynherpesvirus, of HPV, onder Wes-Kaapse sardynskole vir vrektes daar verantwoordelik was. Dit is dieselfde virus wat in die 1990's 'n ineenstorting van Australië se sardynvoorraad veroorsaak het. Die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat resultate binne twee weke beskikbaar kan wees.

