
Saai sê Onderstepoort Biologiese Produkte moet geprivatiseer word
Loading player...
Die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief sê die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte voldoen nie aan die veebedryf se entstofbehoeftes nie en moet geprivatiseer word. Volgens die landbou-organisasie plaas tekorte aan entstowwe vir siektes soos bek-en-klouseer en Afrika-perdesiekte boere onder druk. Theo de Jager van Saai sê groter betrokkenheid deur die privaat sektor kan entstofproduksie en -voorsiening verbeter:

