
GNU vorder met vyfpunt-migrasieplan
Loading player...
Die Interministeriële Komitee sê die regering vorder met sy vyfpunt-plan oor migrasie. Dit sluit strenger wetstoepassing, verbeterde grensbeheer en die modernisering van immigrasiestelsels in. Meer as 350 000 ondersoeke is reeds uitgevoer en meer as 86 000 buitelandse burgers is verwerk vir deportasie of repatriasie. Die komitee se voorsitter, Mmamoloko Kubayi, het op 'n nuuskonferensie gesê die regering en buurlande werk saam om grensbeheer te verbeter en migrasie te bestuur:

