
FNB Eagles pak Suid-Afrika in internasionale reeks
Loading player...
Namibië pak Suid-Afrika in 'n drie-wedstryd eendag-internasionale reeks wat vandag by die Namibië Krieketveld in Windhoek begin. Die FNB Eagles sal probeer om voort te bou op hul onlangse T-20 vertonings teen die Proteas wanneer die twee spanne vir die heel eerste keer in die 50-beurte formaat ontmoet. Die eerste wedstryd begin vanoggend om half-tien, met wedstryde ook geskeduleer vir Vrydag en Sondag. Krieket Namibië se president Rudi van Vuuren het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:

