
Gerson Sindano nuwe ECN voorsitter
Loading player...
Die benoeming van Gerson Sindano as voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië is in die parlement goedgekeur. Al die opposisiepartye behalwe die United Democratic Front het weer uitgestap na 'n dispuut oor of die Huis 'n debat oor die benoemings moet hervat, of moet voortgaan vanaf die punt waar verrigtinge tydens 'n vorige sitting gestaak is. Daardie sitting is gestaak nadat die opposisie ook uitgestap het en daar nie 'n kworum was nie. Sindano se nominasie is met 49 stemme goedgekeur, nadat die voorsittende beampte, Phillipus Katamelo, beslis het dat die Huis moet voortgaan vanaf die punt waar verrigtinge in die stemstadium geëindig het. Luister self.

