
Weg met eredoktorsgrade vir politici: Amapunda
Loading player...
AR-leier Job Amupanda mik teen die toekenning van eredoktorsgrade aan politici, en waarsku dat die praktyk die waarde van egte PhD-kwalifikasies kan ondermyn. Amupanda, wat self 'n doktorsgraad in politieke studies verwerf het, het vanmiddag in die Nasionale Vergadering gesê PhD's maak slegs 0,2 persent van tersiêre kwalifikasies uit wat jaarliks in Namibië toegeken word. Hy voer aan dat eredoktorsgrade toenemend vir politieke invloed en persoonlike gunste gebruik word.

