
Dalende visbevolkings g'n robbe se skuld: kenner
Loading player...
Naudé Dreyer, medestigter van Ocean Conservation Namibia, waarsku dat die blaam vir dalende visvoorrade nie net op Kaapse pelsrobbe geplaas moet word nie. Hy sê studies toon dat kommersieel gevangde vis minder as 15 persent van die robbe se dieet uitmaak. In reaksie op visseryeminister Inge Zaamwani se oproep by die Nasionale Visserye Indaba vir 'n uitgebreide robbe-oes, sê Dreyer dat oorbevissing en swak bevolkingsbestuur 'n veel groter bedreiging vir mariene ekosisteme inhou. Hy sê huidige oespraktyke wat groot bulle teiken moet hervorm word om wetenskap-gebaseerde en volhoubare mariene bestuur te verseker. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

