
Graad 9 & 11: Die NWU staan reg om Graad 9’s met vakkeuses in ‘n veranderende wêreld te help
Loading player...
Graad 9-leerders maak binnekort hul vakkeuses – ’n belangrike kruispad vir enige leerder in hul hoërskoolloopbaan. Marelize van der Merwe – Senior Bestuurder by Studentevoorligting en -ontwikkeling aan die Noordwes-Universiteit – sluit by Yolanda Maartens aan. Marelize is ’n bedryfsielkundige met meer as 15 jaar ondervinding in privaat en openbare praktyk met ’n sterk fokus op tersiêre onderwysberading, werknemer- en leierskapsontwikkeling, sowel as die bestuur van psigometriese programme en projekontwikkeling. Marelize het raad as dit kom by vakkeuses, psigometriese toetse en hoe ouers hul kinders kan bystaan in die belangrike tyd.

