
Oud-Air Namibia werkers verpletter na hofbevel
Loading player...
Voormalige werknemers van Air Namibia sê hulle is teleurgesteld oor 'n appèluitspraak van die hooggeregshof oor hul skeidingspakkette. Die hof het ten gunste van die lugredery se likwidateurs beslis en hulle gelas om die verskuldigde bedrae te herbereken op grond van slegs basiese salarisse, behuisings- en vervoertoelaes, asook skeidingspakette. Die groep se woordvoerder, Renier Bougard, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die uitspraak 'n terugslag is na jare se stryd vir 'n beter uitkoms.

