
Regulasies kom vir jou tjoef
Loading player...
Die gesondheidministerie wysig die Wet op die Beheer van Tabakprodukte van 2010 om elektroniese sigarette en nuwe nikotienprodukte saam met tradisionele tabak te reguleer. Tydens 'n belanghebberkonsultasie in Nkurenkuru het die nasionale programkoördineerder vir die voorkoming van dwelmmisbruik, Iyaloo Theofelus, gesê dat die gebruik van nie-tradisionele nikotienprodukte tydens die Covid-isolasie toegeneem het en nou streng statutêre beheer vereis.

