
Neem deel aan Namibiese Erfenisweek, dis vir almal
Loading player...
Die Museumvereniging van Namibië vra almal om deel te neem aan die komende Erfenisweek, wat van 14 tot 20 September sal plaasvind. Die vereniging se direkteur, Aaron Nambadi, sê dat Erfenisweek dien as 'n kritieke nasionale platform om tradisies te eerbiedig, sosiale en geografiese grense te oorbrug, en kulturele kennis aan toekomstige geslagte oor te dra. Hy het by die bekendstelling van Erfenisweek gepraat.

