
MUN soek insette in mynbeleid, mynlisensies en beleggings
Loading player...
Die Mynwerkersunie van Namibië doen 'n beroep op groter werkersverteenwoordiging in mynbeleid en beleggingsbesluite, insluitend die uitreiking van mynlisensies. Die vakbond se sekretaris-generaal, George Ampweya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle ingesluit moet word in kritieke driepartyforums, immigrasiekeuringsrade en hoëvlak-gesprekke tussen voornemende beleggers en die myneministerie voordat mynlisensies uitgereik word.

