
Ferrari kort wedyweringsreëls, sê Hamilton
Loading player...
Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, sê Ferrari het wedyweringsreëls nodig. Die Brit was in die vierde wegspring-posisie in die Italiaanse Grand Prix, maar sy spanmaat, Charles Leclerc van Monaco, het in die eerste ronde teen hom gebots. Leclerc moes later onttrek. Hamilton was sesde en is nou 76 punte agter die kampioenskaps-voorloper, die Italianer Kimi Antonelli van Mercedes. Hamilton sê dis nou te laat om hom voorkeur te gee:

