
Vinnige optrede teen BKS-entstofpryse verwelkom
Loading player...
Die DA het die minister van Landbou, Willie Aucamp, geloof vir sy vinnige optrede teen bewerings oor bek-en-klouseer-entstowwe se pryse. Dit volg nadat Onderstepoort Biologiese Produkte se raad sy waarnemende hoof, Jacob Modumo, voorlopig geskors het. Volgens GroundUp het Onderstepoort bek-en-klouseer-entstofdosisse van Biogénesis Bagó in Argentinië aangekoop teen 45-Suid-Afrikaanse rand, maar dit verkoop teen tussen 70-rand en 130-rand. Desiree van der Walt van die DA sê Suid-Afrika kan nie buitensporig vasgestelde entstofpryse bekostig nie:

