
Regering vervreem hom van VSA - Mudge
Loading player...
Reaksie word ontvang na die diplomatieke drama oor die naweek, toe die Amerikaanse ambassadeur John Giordano toegang tot die Nasionale Visserye Indaba geweier is. Hy was blykbaar nie genooi nie en dit was ‘n betaalde geleentheid. Kosmos 94.1 Nuus het met die Republikeinse Party-president Henk Mudge gepraat, wat sê dat hoewel geen ambassadeurs na die geleentheid genooi is nie, daar nietemin 'n merkbare vervreemding van die VSA deur die huidige regering is.

