
Konstruksiesektor omder nuwe minimumlone en diensvoorwaardes
Loading player...
Konstruksiewerkers en hul werkgewers werk nou onder nuwe minimumlone en diensvoorwaardes. Die arbeidministerie sê die veranderinge het op 1 September in werking getree na die publikasie van 'n regeringskennisgewing wat 'n kollektiewe ooreenkoms tussen die Konstruksie Industrie-federasie van Namibië en die Metaal- en Geallieerde Namibiese Werkersunie na die hele konstruksiebedryf uitbrei. Die ministerie se woordvoerder, Jeremia Namalenga, sê die ooreenkoms is vir twee jaar van krag.
Jeremia Namalenga Maandag
Jeremia Namalenga Maandag

