
Kimi vat sy tuiswedren
Loading player...
Die kampioenskapsvoorloper Kimi Antonelli het vir opwinding gesorg en sy tuiswedren, die Italiaanse Grand Prix, gewen nadat as gevolg van strafpunte vir 'n nuwe enjin, die wedren uit die 19de wegspringplek begin het. Die 20-jarige Antonelli is die eerste Italianer sedert 1966 om by Monza te wen. Sy Mercedes-spanmaat George Russell moes met die tweede plek tevrede wees en het die podim gedeel met Max Verstappen van Red Bull wat derde was. Antonelli is nou 66 punte voor Russell in die stryd om die wêreldtitel. Hy sê hy fokus nou van een wedren na die ander:

