
Ramaphosa vereer SAPD-lede wat aan diens dood is
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die 12 polisiebeamptes vereer wat gedurende die afgelope boekjaar in die uitvoering van hul pligte dood is. Hy het tydens die SAPD-herdenking in Pretoria gesê die beamptes moet nie as statistieke onthou word nie, maar as familielede en kollegas. Ramaphosa sê polisieveiligheid is almal se verantwoordelikheid. Hy het gevra vir sterker gemeenskapsbetrokkenheid in die bestryding van misdaad, en hy ondersteun die SAPD se "Dink Eers – Tree Veilig Op" Polisieveiligheidsaksieplan:

