Solidariteit ondersoek Amazon vir rasse diskriminasie

Loading player...
Die vakbond Solidariteit het 'n ondersoek van stapel gestuur na die Amerikaanse onderneming Amazon oor bewerings dat ondernemings in Suid-Afrika op grond van die eienaars se ras uitgesluit word van 'n sakeontwikkelingsprogram. Amazon Web Services se beleggingsprogram vir ekonomiese bemagtiging, wat gelyke deelname en insluiting bevorder, aanvaar volgens berigte slegs ondernemings in 100 persent swart besit. Connie Mulder van Solidariteit beklemtoon ras behoort nie 'n maatstaf vir ekonomiese geleenthede te wees nie:
3 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reënlafenis vandag, môre verwag

Reën word vandag en môre oor groot dele van veral die Suide en Ooste verwag danksy ‘n bolugstelsel wat inbeweeg, maar buie en donderweer word selfs so ver as Otjiwarongo verwag. Weerkenner George van der Merwe het die besonderhede:
13 Sep 12AM 1 min

Boere het meer ondersteuning nodig, sê Aucamp

Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê slegs grond is nie genoeg vir boere om te floreer nie. Hy sê boere het ook toegang tot befondsing, winsgewende bates, vee en gepaste ondersteuning nodig om volhoubare ondernemings te bou. Aucamp het deelgeneem aan 'n paneelbespreking tydens Nampo Kaap in Bredasdorp in…
12 Sep 6AM 1 min

Skole moet beter sanitêre geriewe vir meisies hê

Onvoldoende skoolsanitasie en duur higiëneprodukte dwing steeds skoolmeisies om by die huis te bly wanneer hulle menstrueer. Die voorsitter van die Studente-unie van Namibië, Bernard Kavau, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat gevaarlike puttoilette en hoë koste menstruele higiëne lae-inkomste leerders in gevaar stel. Kavau het 'n nasionale beleid…
12 Sep 5AM 1 min

Groen-ekonomie moet wins genereer, sê Amutse

Nywerheidsminister Modestus Amutse waarsku dat die ekonomie nie volhoubaar kan wees terwyl hoë werkloosheid en beperkte sakegeleenthede voortduur nie. Amutse het by die opening van die Internasionale Konferensie oor Finansies en Volhoubare Besigheid gesê dat groen ekonomie-innoverings wins moet genereer en die omgewing moet beskerm terwyl dit konkrete voordele vir…
12 Sep 4AM 1 min

Putin sê Weste se sanksies vererger agteruitgang

Die Russiese president Vladimir Putin het Westerse sanksies die skuld gegee vir industriële agteruitgang en toenemende ekonomiese druk. Tydens die dialoog vir leiers by die Brics-sakeforum in Nieu-Delhi, Indië, het Putin met behup van 'n tolk gesê sanksies het bygedra tot 'n afname in industriële produksie, toenemende staatskuld en begrotingsprobleme…
12 Sep 2AM 1 min