AfriForum vra oudit van brandstofprys

Loading player...
AfriForum het aan die minister van Finansies, Enoch Godongwana, geskryf en eis ʼn onafhanklike oudit van die brandstofprys en -heffing, insluitend die algemene brandstof-, koolstof- en Padongelukkefonds-heffing. Petrolpryse het hierdie maand met een-rand-34-sent per liter gestyg terwyl diesel tussen 2 Suid-Afrikaanse rand-93-sent en 3-rand-15-sent per liter meer kos. Ernst van Zyl van AfriForum sê die tydelike verlaging van die algemene brandstofheffing moet permanent gemaak word, of ten minste heelwat langer duur as die 1 Julie-sperdatum:
3 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min

Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika

Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné…
13 Sep 1AM 1 min

Reënlafenis vandag, môre verwag

Reën word vandag en môre oor groot dele van veral die Suide en Ooste verwag danksy ‘n bolugstelsel wat inbeweeg, maar buie en donderweer word selfs so ver as Otjiwarongo verwag. Weerkenner George van der Merwe het die besonderhede:
13 Sep 12AM 1 min

Boere het meer ondersteuning nodig, sê Aucamp

Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê slegs grond is nie genoeg vir boere om te floreer nie. Hy sê boere het ook toegang tot befondsing, winsgewende bates, vee en gepaste ondersteuning nodig om volhoubare ondernemings te bou. Aucamp het deelgeneem aan 'n paneelbespreking tydens Nampo Kaap in Bredasdorp in…
12 Sep 6AM 1 min