SAPS dank Feroz Khan af

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat die adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, afgedank is. Dit volg na sy versuim om voor ʼn interne polisie-tugverhoor te verskyn in verband met bewerings van wangedrag. Die Arbeidshof het Maandag Khan se dringende aansoek verwerp om ʼn tugproses, wat hom sy werk kon kos, te keer. Die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê aangesien die saak deur verskeie regsprosesse gegaan het, sal die SAPD die howe se besluite respekteer en nakom:
3 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

NNN beloof strenger optrede teen padoortreders

Dronkbestuurders en ander padoortreders staar strenger strawwe in die gesig, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah Saterdag tydens die nasionale gebedsdag vir onder meer padveiligheid gesê.
13 Sep 2AM 1 min

Rugby: Bokke maak biltong van All Blacks in Amerika

Die Springbokke het seker gemaak hulle wen die trofee vir die eerste Rugby’s Greatest Rivalry-reeks deur Saterdag in die vierde en laaste wedstryd in Baltimore 'n oortuigende oorwinning van 43-28 oor die All Blacks te behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Nieu-Seeland se vier gedruk, met Damian de Allende, Morné…
13 Sep 1AM 1 min

Reënlafenis vandag, môre verwag

Reën word vandag en môre oor groot dele van veral die Suide en Ooste verwag danksy ‘n bolugstelsel wat inbeweeg, maar buie en donderweer word selfs so ver as Otjiwarongo verwag. Weerkenner George van der Merwe het die besonderhede:
13 Sep 12AM 1 min

Boere het meer ondersteuning nodig, sê Aucamp

Die minister van landbou, Willie Aucamp, sê slegs grond is nie genoeg vir boere om te floreer nie. Hy sê boere het ook toegang tot befondsing, winsgewende bates, vee en gepaste ondersteuning nodig om volhoubare ondernemings te bou. Aucamp het deelgeneem aan 'n paneelbespreking tydens Nampo Kaap in Bredasdorp in…
12 Sep 6AM 1 min