Wag, Wat? Kanada Verloor Die Speletjie

Loading player...
Kyk hier: https://afrikaans.radio/klets/ep-257-wag-wat-kanada-verloor-die-speletjie/

Dis September, uiteindelik! Die vroue van Suid-Afrika kry ’n oomblik om asem te skep. Net jammer niemand het vir die ANC gesê nie, want etlike dae voor die verkiesing is rus glad nie op hulle kalender nie.

Oor die Atlantiese Oseaan speel Trump en Kanada intussen ’n rondte van "Naam, Van, Dier, Dorp". Trump wil Lake Ontario na Lake America doop, en dalk is dit nie 'n slegte idee met Kanada se Dildo, Moose Jaw en Wrong Lake nie.

En vandag sê ons vaarwel vir Dolly Parton. ’n Stem wat generasies groot gemaak het, nou stil.

Dis Lake America en This Lake, That Lake, en The Other Lake
Dis Jolene, een laaste keer.
Dis KLETS.
2 Sep Afrikaans Explicit South Africa Society & Culture · News Commentary

Other recent episodes

Krane, Kilo’s, Kakkerlakke en ’n Kat

Hierdie week se KLETS begin by ’n kraan wat meer bring as net water. In Tshwane se kant van die wêreld het die riool die watersisteem ontdek, en skielik is “bottled water” nie meer ’n luukse nie. Dis ’n krisis met ’n baie spesifieke reuk. Terwyl die res van die…
28 Oct 55 min

Hy Huil, Ons Betaal

Colene is karloos in Johannesburg en Matthys kry warm in die studio. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗘𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-263-hy-huil-ons-betaal/ Die verkiesing is om die draai. Op elke lamppaal hang daar ’n gesig wat jou vertel vir wie om te stem, en almal lyk skielik baie lief vir jou. Fekile Mbalula stort…
21 Oct 1 hr 02 min

Wyn, Woorde en Bartho Eksteen

Daar is mense wat oor wyn praat, en dan is daar die man wat dit maak. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/wyn-woorde-en-bartho-eksteen/ Hierdie week KLETS ons saam met 𝗕𝗮𝗿𝘁𝗵𝗼 𝗘𝗸𝘀𝘁𝗲𝗲𝗻 van Bartho Eksteen Wynlandgoed. Hy vertel van die wyne wat ons op 𝟮𝟵 𝗢𝗸𝘁𝗼𝗯𝗲𝗿 𝟮𝟬𝟮𝟲 gaan proe, en van die…
14 Oct 39 min

Die Waarheid Is Duur, Veiligheid Nog Duurder

𝙒𝙖𝙖𝙧𝙨𝙠𝙪𝙬𝙞𝙣𝙜: 𝘩𝘪𝘦𝘳𝘥𝘪𝘦 𝘸𝘦𝘦𝘬 𝘴𝘦 𝘒𝘓𝘌𝘛𝘚 𝘪𝘴 '𝘯 𝘣𝘪𝘦𝘵𝘫𝘪𝘦 𝘥𝘰𝘯𝘬𝘦𝘳. Ons gesels uit die suidpunt van Donker Afrika, so trek die gordyne toe en skink iets sterk. Dis moord en roof. Dis vroue se lyke langs die pad en AK47's in taverns. Intussen word daar meer geld bestee om ministers veilig…
7 Oct 1 hr 01 min

Waaksaam, Welvarend en Windgat

Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel,…
23 Sep 58 min